Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 1 NOVEMBER 2015

Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

Ons begin hierdie nuusbulletin met ‘n stil sleutel.

Dit is met leedwese dat aangekondig word dat Henry Jordaan ZS6BPQ, n stil sleutel geword het op Saterdag 24 Oktober in die rype ouderdom van 93 jaar na 'n kort siekbed. Henry was 'n aktiewe lid van die Potchefstroomse Radio Amateur klub vir baie jare. Ons innige meegevoel gaan uit na sy seun Andre en Salomie en Kleinkinders

POUSE VAN 5 SEKONDES

In die nuus vandag.


KUSGEBIEDE GENIET VERSTERKTE BHF OP 144MHz

HAMNET SOMMER KOMMUNIKASIE OEFENING

En

WÊRELD RADIOKOMMUNIKASIE KONFERENSIE 2015 BEGIN OP 2 NOVEMBER


Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.

**** Suid Afrika is omgrens met die see aan die Oos Kus, Suidelike Kus en Wes kus en hierdie kus gebiede kan sorg vir opwindende Tropo kanaal voortplantings. Voortplanting lans hierdie kus gebiede is al lank terug reeds gevestig op 144 MHz tussen Oos-Londen en Ramsgate en selfs verder met minder gereelde kommunikasie met Port Elizabeth. Goed toegeruste Durban stasiessal geen probleem ondervind om stasies so ver as Port Elizabeth te werk nie aangesien Bloemfontein reeds al gehoor was. ʼn144 MHz ESB/FM twee-rigting kontak is al aangeteken tussen Port Elizabeth en Richards Baai oor ʼn land afstand van 840 km en Reunion eiland op Digitaal en ESB.

Die Suidelike kus sal lewe begin kry sodra die BHF baken op 144,410 MHz by Bredasdorp aktief is, en sodoende die baie BHF amateurs tussen Oos-Londen en Kaapstad van Tropo openinge waarsku. Die Weskus is geseënd met fantasties Tropo kanalisering al die pad vanaf Kaapstad tot in Namibië en selfs so ver as St. Helena Eiland. Al wat benodig word, is angstige BHF amateurs wat toegerus is met effektiewe 144 MHz horisontale rigstralers om hierdie uitdaging op te neem en nog n DX land aan te teken.

As jy in die binneland woon, moenie moed verloor nie, soos wat koue fronte instroom sal dit vir lang afstand openings sorg, andersins moet jy na langafstand stasies luister net na son opkoms vroeg in die oggende of gedurende die aande.


**** Die HAMNET somer kommunikasie oefening het verlede naweek met groot sukses plaas gevind, volgens Grant Southey, ZS1GS, hoof organiseerder. Sestien stasies, verspreid regoor Suid Afrika en Namibie het aan die oefening deel geneem en die lente voortplanting kondisies het bygedra tot baie goeie kommunikasie tussen die stasies. Ten spyte van die versoeking om die naweek tuis te bly en die rugby te kykhet tenminste 60 radio operateurs hulle stasies beman en die hele naweek sonder enige elektriese toevoer klaar gekom en alle kontakte tussen stasie op spesifieke frekwensies, ook genoem kanale, gedoen om nood toestand kommunikasie te simuleer waar organisasies nood kommunikasie benodig maar geen kennis ten opsigte van frekwensies het nie. Twee woord boodskappe spesifiek vir elke stasie was dan gestuur wat dan deur organiseerders vir akkuraatheid getoets word. Herleidings vanaf stasie A na stasie B via Stasie C as voorbeeld was ook toegestaan waar stasies oorbrug is. Nuwe boodskappe was gedurende die drie uur segmente tussen 12:00 op Saterdag en 12:00 die Sondag.

Alle verslae wat vanaf die spanne ontvang was wys daarop dat die spanne baie waarde uit die oefening gekry het. Alle radio amateurs word versoek om daar aan te dink om deel te word van HAMNET en om deel te neem aan hierdie praktiese operasionele oefeninge en seker te wees dat HAMNET gereed is in tye van noodgevalle en toestande.


**** Amateur Radio se belange sal goed verteenwoordig word as die 2015 ITU Wêreld Radiokommunikasie Konferensie of WRC-15 vanaf 2 November in Genève, Switserland, vergader. Voorbereidings is aan die gang sedert die laaste WRC voltooi is in 2012. WRCs, gehou elke 3 of 4 jaar, hersien en indien nodig, verander die Radioregulasies, die internasionale verdrag wat die gebruik van die radiofrekwensie spektrum reguleer. Afgevaardigdes sal verskeie items van belang vir die Amateur Radio gemeenskap oorweeg gedurende die byna maand lange internasionale byeenkoms. Internasionale Amateur Radio Unie (IARU) President Tim Ellam, VE6SH / G4HUA, en verskeie ander van die drie streke sal op die IARU span of in ander afvaardigings wees.

Die primêre WRC-15 agendapunt van belang vir die meeste amateurs is Agenda Item 1.4, wat 'n beroep op afgevaardigdes maak om die moontlikheid van die toekenning van 'n toepaslike hoeveelheid van die spektrum te oorweeg - nie noodwendig aangrensend nie - vir die Amateur Diens op 'n sekondêre basis binne die band 5 250 tot 5 450 kHz. Baie amateurs hoop vir 'n band, eerder as die diskrete kanale nou beskikbaar in die VSA en in verskeie ander lande.

Ander items wat Amateur Radio kan beïnvloed sluit in:

Agenda Item 1.1, om bykomende spektrum vir mobiele dienste te oorweeg op 'n primêre basis en identifisering van bykomende bande vir kommersiële mobiele telefonie en data dienste - in wese, slimfone. In 2007 het byna 90 lande 3 400 tot 3 500 MHz in die amateur 9 sentimeter band geïdentifiseer vir hierdie doel. Pogings om amateur toegang tot hierdie band te handhaaf is sedertdien 'n land-vir-land poging.

Agenda Item 1.6.1 sal moontlik addisionele primêre toekennings vir die vaste-satelliet diens van 250 MHz tussen 10 GHz en 17 GHz in Streek 1 oorweeg. Dit sal ook regulatoriese bepalings van die huidige vaste-satelliet diens toekennings oorweeg, nadat ITU-R studies nagegaan is. Die amateur 10 GHz toekenning is nie 'n potensiële teiken nie.

Agenda Item 1.10 poog vir bykomende mobiele satelliet toekennings, waaronder die satelliet komponent van breëband applikasies, insluitende selfone en data dienste, in die 22 tot 26 GHz band. Voorstanders het nie die amateur 24 GHz toekenning as 'n potensiële oplossing geïdentifiseer nie.

Agenda Item 1.12 oorweeg die uitbreiding van die huidige wêreldwye toekenning aan die Aarde eksplorasie-satelliet (aktiewe) diens (EESS) in die band 9 300 tot 9 900 MHz met tot 600 MHz, wat sou inbreuk maak op die amateur 10 GHz toekenning. Hoewel EESS 'n primêre toekenning wat die 10 GHz-band ten volle of gedeeltelike oorvleuel probeer verkry, sou die impak daarvan op Amateur Radio waarskynlik nominaal wees.

Agenda Item 1.18 bespreek motor radar applikasies vanaf 77,5 tot 78,0 GHz. Studies het algemene verenigbaarheid met hierdie applikasies en Amateur Radio aangedui en in elk geval, word daar nie voorgestel dat die primêre status van Amateur Radio afgegradeer word nie.

Lees die volledige verslag by www.arrl.org/news/world-radiocommunication-conference-2015-starts-on-november-2


U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.


**** ‘n Voorlopige weergawe van die 2016 kompetisie handleiding is gepubliseer vir kommentaar. Jy kan die weergawe aflaai by www.sarl.org.za/public/contests/contestrules.asp

Daar word ook versoek dat die borgevan die verskeie kompetisies asseblief seker maak dat al hulle kontak besonderhede, veral die epos adresse, korrek is.

Indien daar enige veranderings is, moet hierdie veranderings voor 16 November deur gegee word. Jy kan die veranderings stuur aan contest@sarl.org.za



**** Voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag tot matig gaan wees. Aktiewe Sonvlek 2443 kan die bron van C-klas fakkels wees.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 38 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

**** En nou vir die dagboek van gebeure

1 November - Jou JOTA/JOTI verslag moet vandag nog ingedien word
7 November - die RaDAR Uitdaging
8 November - die PEARS HF kompetisie
10 November - sluitingsdatum vir artikels vir die November/Desember Radio ZS
16 November – sluitingsdatum vir veranderings aan kontak besonderhede en ander detail vir die 2016 kompetisie handleiding.


Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.


****Amateur Radio se belange sal goed verteenwoordig word as die 2015 ITU Wêreld Radiokommunikasie Konferensie of WRC-15 vanaf 2 November in Genève, Switserland, vergader. Voorbereidings is aan die gang sedert die laaste WRC voltooi is in 2012. WRCs, gehou elke 3 of 4 jaar, hersien en indien nodig, verander die Radioregulasies, die internasionale verdrag wat die gebruik van die radiofrekwensie spektrum reguleer. Afgevaardigdes sal verskeie items van belang vir die Amateur Radio gemeenskap oorweeg gedurende die byna maand lange internasionale byeenkoms.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer is deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73 en dankie vir die luister

/EX

======================= Boodskap Eindig =======================

Om u epos inskrywing in hierdie poslys te verwyder of te redigeer gaan na www.sarl.org.za/members/admin/maildat.asp


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003